Free Web Hosting : Free Hosting : Troubled Teens : Report Abuse
Ken jou rekenaar

 

Hardeskyf-stoorruimte  (“Disk Drive Storage”)

Die volgende antwoorde word oor die Proprofs webwerf   gegee op die vrae oor hardeskyf-stoorruimte.

 1.  Die mees waarskynlike rede is dat die enkelent SCSI kabel 8 meter lank is en dus langer is as die toelaatbare  maksimum lengte van 6 meter .


Terug na vraag 2.

      2.      Die BIUS is nie gekonfigureer om van die SCSI skywe af te laai nie. Gaan na die BIUS en verander die       stellings daar sodat dit van die SCSI-toestel af laai..

 

Terug na vraag 3.

    3. Die oorsaak is waarskynlik 'n los Molex-konneteerdeer. Die D-vormige kragkonnekteerder kan  óf   los gekonnekteer óf  glad nie gekonnekteer wees nie.  

Terug na vraag 4

4..      Magnetiese media kan deur elektromagnetiese interferensie beïnvloed word. Moet dus nie jou floppies bo-op  'n  televisie- of hoëtroustel laat nie aangesien hierdie toestelle hoë vlakke van eletromagnetiese interferensie uitstraal.

Terug na vraag 5 

5. Dit is duidelik wat jy moet doen wanneer dit gebeur want die volledige foutboodskap is soos volg:  "non-system disk error replace disk and press any key when ready".  Iemand  het waaskynlik‘n floppie wat nie kan aflaai nie in die aandrywer gelaat.

Terug na vraag 6  

6.   Elke toestel op ‘n SCSI bus moet  sy unieke SCSI  ID hê anders sal konflikte voorkom. Die gasheer passtuk moet op ID 7 gestel word en die selflaaitoestel (“boot device”) moet op ID 0 gestel word. Indien die verkeerde ID toegeken aan toestelle  word sal hulle nie opgespoor word nie.     

Klik hier om na die indeksblad terug te keer.