
Casper Steyn (73) het die manne gewys van watter stoffasie hy gemaak is, toe hy die wêreld se grootse gemete fietsresies, die Cape Argus Pick n Pay fietstoer, op Sondag, 12 Maart 2007 voltooi het. Hy het die resies in drie uur en 26 minute voltooi en dit dus vêr binne die sewe uur perk voltooi. Casper was een van 30 000 fietsryers dwarsoor die wêreld wat aan die moordende 108 km lange fietsresies deelgeneem het. Hy het n gemiddelde spoed van 30,07 km per uur gehandhaaf. Hy neem ook lank reeds aan padwedlope deel en het in 1974 die veteran-afdeling van die Pretoriase stadsmarathon gewen.Hy het ook in die duine in die omgewing van Walvisbaai in Namibië teen die San gehardloop.
Kasper skryf sy goeie gesondheid aan gesonde eetgewoontes, oefening en streshantering toe.
file://www.stormpages.com/afrikaans/index