Enkele bekende Afrikaanse psalms, gesange en liedere
Gesang 96
Stille nag, heilige nag!
Jesus-kind,
lank verwag,
Lig uit Lig,
uit die Vader se ryk,
word uit liefde
aan mense gelyk.
Loof die hemelse Kind!
Loof die hemelse Kind!
Stille nag, heilige nag!
Hemelvors, gee ons ag
Op die lied van de engelekoor.
Herders het dit
die eerste gehoor:
Juig die Redder is daar!
Juig die Redder is daar!
Stille nag, heilige nag!
Jesus, Heer, voor u mag,
voor u ryk moet
die duisternis swig;
tot in ewigheid bly U die lig-
Heer, gebore vir
ons!
Heer, gebore vir
ons!
Loof Hom met
die tromme
Loof Hom met die tromme, loof Hom
met die harp,
Loof Hom met die klinkende simbale.
Alles wat asem
het – loof, loof die Heer!
Alles wat asem
het – loof, loof die Heer!
Prys Hom met jul stemme, prys Hom uit
die hart,
prys Hom in die Hemel en op aarde.
Alles wat asem
het – loof, loof die Heer!
Alles wat asem
het – loof, loof die Heer!
Loof Hom met viole,
loof Hom met die fluit
Loof Hom met akoestiese
kitare.
Alles wat asem
het – loof, loof die Heer!
Alles wat asem
het – loof, loof die Heer!
Ek wil die Here loof
Ek wil die Here loof; ek wil
die Here loof-
met my hele hart wil ek U loof.
Ek wil die Here
dank; ek wil die Here dank-
met my hele hart wil ek U dank.
Ek wil die Here dien; ek wil
die Here dien-
met my hele hart wil ek U dien.
Ek wil gehoorsaam
wees, ek wil gehoorsaam wees –
met my hele hart wil ek gehoorsaam
wees.
Loof die Heer,
hy is goed
Loof die Heer, Hy is goed, loof
sy heilige Naam;
Laat alles in die groot heelal
die Here loof.
Ek wil die Here loof, loof met my hele hart
Hy gee hul wat
roep weer nuwe krag.
Hy’t my sondes vergeef en Hy maak
my sy kind-
laat alles in die groot heelal die Here loof.
Loof, o hemel, die Heer, al die engele saam-
laat alles in die groot heelal die Here loof.
Nogtans sal ek jubel
Al sou die vyeboom nie bot
nie
en geen druiwe
aan die wingerde wees nie;
Al sou die olyfoes misluk
en die lande geen oes lewer
nie ;
Al sou daar geen
kleinvee in die kampe meer wees
nie,
en die beeskrale sonder beeste wees,
nogtans sal ek
in die Here jubel,
sal ek juig in God my
Redder.
Die Here my God
gee vir my krag,
Hy maak my voete
soos dié van ‘n ribbok
Op hoë
plekke laat Hy my veilig loop.
Die Here my God
gee vir my krag,
Hy maak my voete
soos dié van ‘n ribbok.
Op hoë
plekke laat hy my veilig loop
Op hoë
plekke laat hy my veilig loop
As ek in die aand na sterre kyk
As ek in die aand na sterre
kyk,
Of die geure van die blomme ruik,
as ek sien
hoe al U berge lyk-
dis wonderlik, voorwaar!
As die winde deur die bome suis,
of as donderweer U krag bewys,
as ek in my voel hoe lewe bruis
–
dis wonderlik, voorwaar!
Refrein:
As ek sien hoe U met mense werk,
met U liefde sonder maat of perk;
as ek voel
hoe U my lewe versterk
dan weet ek
U is meer
as bloot maar
net ‘n Heer wat
ver daarbowe in die wolke troon.
U’s die Heer wat altyd
in my woon
daarom voel my hele
lewe skoon!
U’s wonderlik, voorwaar, voorwaar, voorwaar!
U’s wonderlik, voorwaar!
As die branders op die rotse breek,
of ‘n blom verkwik
ons met sy reuk,
is U baie meer
as net ‘n preek-
U’s wonderlik, voorwaar!
Daar is niks o Heer vir U te klein
want U sorg ook
vir ‘n blaartjie fyn
en U bloed maak
menseharte rein!
Dis wonderlik, voorwaar!