<--
-->
Ken jou rekenaar
in Afrikaans

Die volgende is ‘n
versameling van praktiese vrae oor rekenaarapparatuur en -stelsels vir die
kandidate wat hul vir die A+ eksamen wil voorberei. Die vrae word met die goedgunstige
toestemming van Proprofs gepubliseer. Ons dank aan Sameer Bhatia, stigter en president, van Proprofs
vir sy goedgunstige toestemming om hierdie vrae in Afrikaans te
reproduseer. Besoek gerus die Proprofs webwerf
indien jy die vrae in Engels wil bestudeer.
Hardeskyf-stoorruimte (“Disk Drive Storage”)

- Jy
vervang ‘n kliënt se hardeskyf (hard disk drive/HDD) met ‘n enkelent
SCSI –stelsel (single ended SCSI system) en gebruik 'n 8 meter lange
kabel. Nadat jy die installasie voltooi het, hou die toebehore
(“peripherals”) op om te werk. Wat dink jy kan die probleem wees?

Klik hier vir die antwoord

2.
Jy
het so pas ou
stelsel/-moederbord gekonfigureer vir twee nuwe SCSI skywe (“drives”)
wat vir ATA skywe bedoel is. Jou stelsel werk nie. Wat is
moontlik vekeerd?
2.1
Die
BIUS (Basiese Invoer/Uitvoer Stelsel) (“BIOS”) is nie gekonfigureer om van die
SCSI skywe af te laai nie
2.2
‘n Mens kan nie programme van ‘n SCSI skyf af laai nie
2.3
Die bedryfstelsel moet opgegradeer word
2.4
Die buis (“BIOS”) fermware (“firmware”) moet opgegradeer word

Klik hier vir die antwoord
3. 
Jou
rekenaar se hardeskyf werk nie wanneer jy die rekenaar aanskakel nie. Wat is verkeerd?

3.1
‘n Defektiewe datakabel
3.2
Verkeerde oorleidingstellings (“jumper settings”) op die dryf
(“drive”)
3.3
‘n Los Molex-konnekteerder
3.4
Jy het ‘n floppie in
die floppie-aandrywer gelaat
3.5
‘n Spanningsverlaging in elektrisiteitsverskaffing (“brown
out”) het voorgekom
Klik hier vir die antwoord
4. Om watter van die volgende redes moet
magnetiese bande nie bo-op ‘n luidpreker neergesit
word nie:
4.1
Radiofrekwensie interferensie
(Radio Frequency Interference/RFI)
4.2
Elektromagnetiese interferensie (Electromagnetic
Interference/EMI)
4.3
EXE
4.4
FYI
4.5
DWI
4.6
Elektrostatiese ontlading (Electrostatic Discharge/ESD)

Klik hier vir die antwoord


5. Hoe sal jy die probleem oplos as jy die volgende foutboodskap
kry:
"non-system
disk error" ?
5.1 ‘n Selflaai-floppie is in die
floppieskyfaandrywer gelaat. Haal dit uit en druk enige sleutel op die sleutelbord.
5.2
Die
selflaailêers is deur ‘n virus beskadig. Partisioneer weer die hardeskyf en formateer
die aandrywer (drive).
5.3
Die
aandrywer werk nie en moet vervang word.
5.4
Die
rekenaar is op die verkeerde manier opgestel en die skandeerskyf program moet
laat loop word.

Klik hier vir die antwoord

6.
Jy
maak jou gereed om ‘n SCSI passtuk (“adapter”) te installeer wat vooraf
deur die verskaffer gekonfigureer
is. Die SCSI ID van die passtuk is
1. Watter SCSI ID moet jy aan die
gas-passtuk (“host adapter”) gee?

6.1
7
6.2
1
6.3
0
6.4
8
6.5
15
6.6
16
Klik hier vir die antwoord
Kliek hier om terug te gaan na die indeksblad
