<-- -->

Free Web Hosting : Free Hosting : Troubled Teens : Report Abuse

T

 

Taal

 

Idioom

Om taal nog tyding (teken) te gee

Betekenis

Om niks van jou te laat hoor nie

Explanation

To give no sign of life

 

Tafel

 

Idioom

Van tafel en bed geskei

Betekenis

Die opheffing van die saamwoon van ‘n egpaar sonder dat die huwelik opgehef is

Explanation

Judicially separated between bed and board

 

Takke

 

Idioom

Om hoog in die takke te wees

Betekenis

Om dronk te wees

Explanation

To be drunk

 

Tale

 

Idioom

Om tale te spreek

Betekenis

Om vuil te praat en te swets

Explanation

To swear

 

Tamatiestraat

 

Idioom

In tamatiestraat wees

Betekenis

In die moeilikheid wees

Explanation

To be in difficulties

 

 

Tameletjie

 

Idioom

‘n Taai tameletjie

Betekenis

n Saak wat moeilik is om te hanteer

Explanation

 A difficult matter

 

 

Tand

 

Idioom

Lank in die tand

Betekenis

Baie oud wees

Explanation

To be very old

 

Tande

 

Idioom

Jou tande vir iemand slyp

Betekenis

Jou gereed  maak om iemand aan te val

Explanation

To look forward to attacking someone

 

Tande

 

Idioom

Die tande wys

Betekenis

n Aanvallende houding inneem

Explanation

To show one’s teeth

 

 

Tande

 

Idioom

Met lang tande iets doen

Betekenis

Om teësinnig iets te doen

Explanation

To do something unwillingly

 

Tande

 

Idioom

Sit en tande tel

Betekenis

Gesê wanneer kinders onwelkom in die geselskap van volwassenes is

Explanation

Said to children when they take in all that grown-ups say and are unwelcome in adult company

 

 Tant Sannie

 

Idioom

Tant Sannie van Koekenaap

Betekenis

Gesê van ‘n persoon wie se betrokkenheid by ‘n saak nie hoog aangeslaan word nie

Explanation

Said of a person who does not have a substantial influence on matters  

 

 

Tier

 

Idioom

Om jou tier teë te kom

Betekenis

Om jou bobaas (Moses) teë te kom

Explanation

To meet your match

 

 

Tiermelk  

 

Idioom

Hy/sy het tiermelk gedrink

Betekenis

Hy/sy is dronk

Explanation

He/she is intoxicated

 

 

Tierwyfie 

 

Idioom

Sy is ‘n tierwyfie

Betekenis

Dit word gesê van ‘n kwaai vroumens

Explanation

She is an extremely bad tempered woman

 

Tjank

       

Idioom

Om sy/haar tjank af te trap

Betekenis

Dit word gesê van ‘n lastige

persoon van wie ‘n mens ontslae geraak het

Explanation

This is said when refering to a troublesome person one managed rid him/herself of

 

Toffie

 

 

Idioom

Iemand ‘n toffie wys

Betekenis

‘n onbeskofde  teken aan iemand gee

of (figuurlik) hom/haar ignorer

 

Explanation

Show rude signs to a person (literally)

To ignore a person (figuratively)

 

 

Tone

 

Idioom

Om op iemand se tone te trap

Betekenis

Om iemand te beledig, om aanstoot te gee

Explanation

To offend someone

 

Toffie

 

Idioom

As jy jy is ‘n toffie sal hulle jou eet

Betekenis

‘n Mens moet dit kan doen waarvoor jy uitgee

Explanation

One should not claim to capable of things when you are not.    

 

Tong

 

Idioom

Om ‘n gladde tong te

Betekenis

Om goed te kan praat, om mense maklik te kan oorreed

Explanation

Te gift of the gab

 

Toon

 

Idioom

Van kop tot toon (tone) 

Betekenis

Van bo to onder, heeltemal

Explanation

From head to foot    

 

Tou

 

Idioom

Iets op tou sit

Betekenis

 ’n Saak begin, aan die gang sit  

Explanation

To set the ball rolling

 

Tou

 

Idioom

Tou opgooi

Betekenis

 ‘n Poging laat vaar

Explanation

To loose heart

 

Tou

 

Idioom

Oor die tou trap

Betekenis

 Iets verkeerds doen/ jou verkeerd gedra

Explanation

To overstep the mark

 

 

Trekpas

 

Idioom

Die trekpas kry

Betekenis

Ontslaan word

Explanation

Get the sack

 

Trollie

 

Idioom

Om van jou trollie af te wees

Betekenis

Om deurmekaar, half waansinnig te wees

Explanation

To be confused or slightly deranged

 

 

Troon

 

Idioom

Hy sit op die troon (grappend gesê)

Betekenis

Hy gebruik die toilet/ kamerpot

Explanation

He’s on the toilet/pot (jokingly said)

 

 

 

 

Troon

 

Idioom

Van die troon stoot/stamp

Betekenis

Iemand se heerskappy ontneem

Explanation

To drive from the throne

 

 

 

 

Trou

 

Idioom

Trou is nie perdekoop nie

Betekenis

Trou is ‘n ernstige saak

Explanation

To get married is a serious matter