<--
-->
S
Sak
Idioom
Iets in
die sak bring
Betekenis
Om voordeel op te lewer
Explanation
To
profit by something
Sak
Idioom
Sak,
Sarel
Betekenis
Moenie so oordryf nie!
Explanation
That's a tall
story!
Sak
Idioom
In sak en as sit
Betekenis
Heeltemal
teneergeslae wees
Explanation
To be in sackcloth and
ashes
Sak
Idioom
'n Sak sout saam met iemand opgeëet
het
Betekenis
Lank met iemand omgegaan het, saam met iemand swaar gekry
het
Explanation
To have eaten a bushel of salt with
someone
Sake
Idioom
Gedane sake het geen
keer
Betekenis
Wat verby is, is verby
Explanation
It is no use
crying over spilt milk
Sake
Idioom
Jou seile na die wind
span
Betekenis
Om jou mening te wysig na gelang van die
omstandighede
Explanation
To trim one's sails to suit the
wind
Seile
Idioom
Om jou seile na die wind te
hang
Betekenis
Om jou mening of houding na gelang van omstandighede te
wysig
Explanation
To trim one'sails to suit the
wind
Idioom
As jy jou met semels meng, dan vreet die varke
jou
Betekenis
Slegte vriende sal tot jou nadeel strek
Explanation
Be
careful not to mix with the wrong friends
Semels
Idioom
As jy
jou met semels meng, dan vreet die varke jou
Betekenis
Slegte vriende sal
tot jou nadeel strek
Explanation
Be careful not to mix with the wrong
friends
Siel
Idioom
Om met jou siel onder jou arm te
loop
Betekenis
Om jou te verveel
Explanation
Not to know how to kill
time
Siepsop-en-braaiboud
Idioom
Siepsop-en-braaiboud
kry
Betekenis
'n Pak slae kry
Explanation
To get a
hiding
Sikspens
Idioom
So blink soos 'n splinternuwe sikspens
lyk
Betekenis
Gesê van iemand wat deftig aangetrek is
Explanation
To
be as neat as a new pin
Skaap
Idioom
As een skaap deur die
hek is, volg al die ander
Betekenis
As een die voorbeeld gee volg
almal
Explanation
Where one leads, the rest
follow
Skaap
Idioom
Om die swart skaap te
wees
Betekenis
Om die persoon te wees wie vir alles wat verkeerd gaan
skuld kry
Explanation
To be the black sheep (of the
family)
Skaap
Idioom
Een brandsiek skaap steek die hele trop
aan
Betekenis
Die swak voorbeeld van een persoon kan 'n hele groep mense
op die verkeerde pad lei
Explanation
The bad example set by one person can
affect the behaviour of a whole group of people
Skape
Idioom
Die skape van die bokke
skei
Betekenis
As elkeen 'n bietjie opskuif is daar plek vir
almal
Explanation
A patient crowd can be packed into a very small
place
Skapies
Idioom
Om skapies bymekaar te
jaag
Betekenis
Om te trou
Explanation
To get
married
Skadu
Idioom
In iemand se skadu
staan
Betekenis
Om deur iemand oortref te word
Explanation
To be
outclassed by someone
Skape
Idioom
Baie mak skape gaan in
een kraal
Betekenis
Daar is plek vir almal as elkeen net 'n bietjie nader
staan
Explanation
A crowd can be packed into a small space if everyone
co-operates
Skapies
Idioom
Om skapies bymekaar te
jaag
Betekenis
Om te trou
Explanation
To get
married
Skinkbord
Idioom
Om iets op 'n skinkbord weg te gee
(byvoorbeeld krieketwedstryd)
Betekenis
Om iets maklik weg te
gee
Explanation
To hand out something on a
platter
Skinkbord
Idioom
Moenie verwag dat alles op 'n
skinkbord vir jou aangedra sal word nie
Betekenis
Moenie verwag dat jy
alles sonder inspanning sal kry nie
Explanation
Do not expect any
freebies
Skoen
Idioom
Trek die skoen aan as dit jou
pas
Betekenis
As jy skuldig is kan dit wat gesê is op jou van toepassing
maak
Explanation
Whom the cap fits, let him wear
it
Skoen
Idioom
Hy/sy weet waar die skoen
druk
Betekenis
Hy/sy weet waar die moeilikheid sit
Explanation
Each
one knows best where the shoe pinches
Skoene
Idioom
Om te groot
vir jou skoene te wees
Betekenis
Om parmantig of voorbarig te
wees
Explanation
To be too big for his/her
boots
Skoene
Idioom
Om iemand se skoene vol
staan
Betekenis
Om iemand se posisie suksesvol te
beklee
Explanation
To successfully manage a
position
Skoene
Idioom
Moenie jou ou skoene weggooi voordat jy
nuwes het nie
Betekenis
Moenie dit wat seker is vir dit wat onseker is
verruil nie
Explanation
Don't be off with the old love, before you are on
with the new
Skoene
Idioom
Om die stoute skoene aan te
trek
Betekenis
Om moed bymekaar te skraap
Explanation
To muster up
courage
Skoonskip
Idioom
Skoonskip maak
Betekenis
Alle
wedstryde wen
Explanation
To make a clean
sweep
Skoorsteen
Idioom
Daarvan sal die skoorsteen nie rook
nie
Betekenis
Daarvan sal jy nie genoeg verdien om 'n bestaan te maak
nie
Explanation
That won't keep the pot
boiling
Skoorsteen
Idioom
Hy/sy rook soos 'n
skoorsteen
Betekenis
Dit word gesê van iemand wie baie
rook
Explanation
He/she smokes like a
chimney
Skoot
Idioom
Onder skoot kom
Betekenis
In die
gevaar beland
Explanation
To be under fire
Skoot
Idioom
Die skoot hoog deur
hê
Betekenis
Baie verlief wees/ dronk wees
Explanation
To be in
love/ to be drunk
Skouer
Idioom
Skouer aan die wiel
sit
Betekenis
Jou inspan om iets te bereik
Explanation
To put the
shoulder to the wheel
Skrede
Idioom
Met rasse
skrede
Betekenis
Vinnig
Explanation
With rapid
strides
Skop
Idioom
Vol skop
wees
Betekenis
Lewendig/aktief wees
Explanation
To
active/lively
Sluk
Idioom
Dis 'n goeie sluk op 'n
bottel
Betekenis
Dit is 'n groot deel van die geheel
Explanation
It
is a considerable part (of the whole)
Soen
Idioom
Elke man soen
sy vrou op sy eie manier
Betekenis
Elke mens doen 'n ding op sy eie
manier
Explanation
Each man to his own taste
Sout
Idioom
Van
geen sout of water weet nie
Betekenis
Om totaal niks te weet
nie
Explanation
To be completely in the
dark
Skrede
Idioom
Met rasse
skrede
Betekenis
vinnig
Explanation
With rapid
strides
Skroef
Idioom
Daar is 'n skroef
los
Betekenis
Daar is iets verkeerd
Explanation
There is something
wrong
Skroef
Idioom
Daar is 'n skroef los by
hom
Betekenis
Daar is iets verkeerd
Explanation
He has a loose
screw
Slaai
Idioom
In iemand se slaai krap
Betekenis
In
iemand se persoonlike of liefdesake inmeng
Explanation
To poke one's nose
into someone's affairs/to court someone else's girl
Slaap
Idioom
Jy kan maar gaan slaap
Betekenis
Jy
kan die stryd maar gewonne gee
Explanation
You will never succeed
Slag
Idioom
In die slag bly
Betekenis
In die
proses tot niet gaan, sneuwel
Explanation
To cease to exist, to be a
victim, to be killed in battle
Slag
Idioom
Sonder slag
of stoot
Betekenis
Sonder verset of teëstand
Explanation
Without
striking a blow
Slagyster
Idioom
Om in 'n slagyster te
trap
Betekenis
1). Om in 'n lokval te loop
2). Om in 'n bol
mis te trap
Explanation
1). To fall into a trap
2). To tread on
dung
Slang
Idioom
Hy/sy is 'n slang
Betekenis
Hy/sy is 'n boosaardige persoon
Explanation
He/she
is an evil person
Slang
Idioom
Om 'n slang aan jou boesem te
koester
Betekenis
Om 'n skurk met weldade te oorlaai
Explanation
To
cherish a snake in one's bosom
Slang
Idioom
As dit 'n slang was
het hy jou gepik
Betekenis
Dit word gesê wanneer iemand vlak by 'n
voorwerp is wat hy/sy soek, sonder om dit te sien
Explanation
It is right
under your nose
Slang
Idioom
Daar is 'n slang in die
gras
Betekenis
Die omstandighede wek agterdog
Explanation
Matters
are looking suspicious
Slang
Idioom
Hy/sy kon slange
vang
Betekenis
Hy/sy was woedend
Explanation
He/she was very
angry
Slim
Idioom
Slim vang sy baas
Betekenis
'n mens kan
te slim probeer wees en gevolglik misluk
Explanation
One can be too clever
by half
Snars
Idioom
Geen/ g'n snars van (byvoorbeeld "g'n
snars van begryp nie")
Betekenis
Niks van begryp nie
Explanation
Not
a bit/ nothing
Soetkoek
Idioom
Moenie alles vir soetkoek opeet
nie
Betekenis
Moenie alles glo wat aan jou vertel word
nie
Explanation
Do not take everything for gospel
truth
Son
Idioom
Die son trek water
Betekenis
Die son
gaan onder
Explanation
The sun is sinking
Sop
Idioom
In
die sop sit
Betekenis
In die verleentheid verkeer
Explanation
To be
in trouble
Soustrein
Idioom
Die soustrein stoom
voort
Betekenis
Die getal onregmatig bevoordeeldes neem steeds
toe
Explanation
The number of people who are unfairly advantaged
continues to grow in number
Sout
Idioom
Die sout van die aarde
wees
Betekenis
Om 'n goeie invloed op ander mense/die situasie uit te
oefen
Explanation
To be the salt of the
earth
Sout
Idioom
Om jou sout te verdien
Betekenis
Om
hard te werk/om iets te verrig
Explanation
To be worth one's
salt
Sout
Idioom
Met 'n knippie (korreltjie) sout
neem
Betekenis
Met 'n bietjie gesonde verstand
Explanation
To take
something with a grain of salt
Sout
Idioom
Van geen sout of
water weet nie
Betekenis
Heeltemal in die duister
wees
Explanation
To be completely in the
dark
Spel
Idioom
Op die spel wees
Betekenis
Om af te hang
van die afloop van 'n saak
Explanation
To be at
stake
Speld
Idioom
Om soos 'n groot speld te
verdwyn
Betekenis
Om spoorloos te verdwyn
Explanation
To disappear
without a trace
Spit
Idioom
Die spit afbyt
Betekenis
Om jou eerste aan die gevaar bloot te
stel
Explanation
To bear the brunt
Spits
Idioom
Iets op
die spits dryf
Betekenis
'n Saak te ver
deurdryf
Explanation
To bring a matter to a
head
Splinter
Idioom
Die splinter in 'n ander se oog sien, maar
die balk in jou eie vergeet
Betekenis
Klein foutjies in 'n ander opmerk en
groot gebreke in jouself nie sien nie.
Explanation
See the mote in
another's eye and not the beam in one's own
Spore
Idioom
Diep
spore trap
Betekenis
Om 'n groot invloed te hê (byvoorbeeld op jou
vakgebied)
Explanation
To make one's
mark
Spyker
Idioom
Die spyker op die kop
slaan
Betekenis
Die korrekte punt tref
Explanation
To hit the nail
on the head
Stank
Idioom
Stank vir dank
Betekenis
Ondank
in die plek van dank
Explanation
The world pays with
ingratitude
Stapel
Idioom
Iets van stapel
stuur
Betekenis
Om iets te laat begin
Explanation
To launch
something
Steek
Idioom
In die steek laat
Betekenis
Iemand
in die verleentheid laat/ aan sy eie lot oorlaat
Explanation
To fail
someone
Steek
Idioom
Om iemand 'n steek onder water te
gee
Betekenis
Om iemand sleg te sê
Explanation
To land a blow below
the belt
Stem
Idioom
Jou stem laat hoor
Betekenis
Jou
mening uitspeek
Explanation
To air your
views
Stem
Idioom
Jou stem dik maak
Betekenis
Iemand
aanspreek, betug
Explanation
To speak
out
Stert
Idioom
Met stert tussen die bene (terug gestuur word,
vlug)
Betekenis
Teleurgesteld,
bevrees
Explanation
Ashamed
Stof
Idioom
Stof
opjaag
Betekenis
Opspraak verwek
Explanation
Raise the
dust
Stok
Idioom
Iemand voor stok
kry
Betekenis
Iemand berispe/ met iemand raas
Explanation
Give
someone a talking to
Stok(ke)
Idioom
Stokke gaan
swaai
Betekenis
Gholf gaan speel
Explanation
To go to play
golf
Stokkie
Idioom
'n Stokkie voor iets
steek
Betekenis
'n Einde aan iets maak
Explanation
To put an
end to something
Stokkie
Idioom
Met 'n kort
stokkie in die leeu se hol krap
Betekenis
'n Baie gevaarlike onderneming
aanpak
Explanation
To pursue a very dangerous
endeavour
Stoom
Idioom
Op eie stoom (byvoorbeeld
studeer)
Betekenis
Om op 'n mens se eie bronne staat te maak (om
bevoorbeeld te studeer)
Explanation
To rely on one's own
means (e.g. to study)
Stoppelland
Idioom
Sy is op
die stoppelland
Betekenis
Sy is al ouerig en nog
ongetroud
Explanation
She is an old maid
Stort
Idioom
In duie stort
Betekenis
Inmekaar val, totaal
misluk
Explanation
To fail, to fall flat
Strop
Idioom
Om nou strop te trek
Betekenis
Om
swaar te kry
Explanation
To suffer
hardship
Strydbyl
Idioom
Die strydbyl
begrawe
Betekenis
Vrede sluit
Explanation
To bury the
hatchet
Strydbyl
Idioom
Die strydbyl weer
opgrawe
Betekenis
Die stryd weer begin
Explanation
To start
battle
Stryk
Idioom
Iemand van stryk af
bring
Betekenis
Om 'n persoon te verwar, om te krap of te ontstel
Explanation
To confuse, startle or upset a person
Stukke
Idioom
Op sy stukke wees
Betekenis
Op stryk wees, goed
aan die gang wees
Explanation
To be in good form
Stukkend
hardloop
Idioom
Die Engelse het die bokke stukkend gehardloop
(Rugby)
Betekenis
Om die verdediging te vernietig
Explanation
To
shatter the defences of (Rugby)
Stuurman
Idioom
Die beste
stuurman staan aan wal
Betekenis
Dit is makliker om te kritiseer as om die
werk self te doen
Explanation
It is easy to criticise someone's
work.
Sweet
Idioom
Hy/sy gaan
sweet
Betekenis
Hy/sy gaan baie sukkel
Explanation
He/She will
struggle
Syde
Idioom
Iets ter syde stel
Betekenis
Iets
nietig verklaar
Explanation
To set something (e.g. a judgment)
aside