Free Web Hosting : Free Hosting : Troubled Teens : Report Abuse

 

O

 

 

Olie

 

Idioom

Olie op die vuur gooi

Betekenis

Die opwinding of drifte erger maak

Explanation

To add fuel to the fire

 

Onderspit

 

Idioom

Die onderspit delf

Betekenis

n Nederlaag ly

Explanation

 To come off second-best

 

 

Onkruid

 

Idioom

Onkruid vergaan nie

Betekenis

Wat sleg is, leef die langstedit word dikwels grappernderwys gesê

Explanation

 Ill weeds grow apace

 

 

 

Idioom

Die dood voor hou/sweer

Betekenis

Iemand met ‘n swaar straf dreig

Explanation

 To threaten someone with the worst

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Idioom

Mekaar onder vier sien

Betekenis

n Ontmoeting tussen twee persone sonder dat iemand daar bykom

Explanation

 To have a private discussion with someone

 

Oog

 

Idioom

Iets in die oog hou

Betekenis

Om altyd rekening te hou met iets 

Explanation

To bear circumstances in mind

 

Oog

 

Idioom

Voor iemand se

Betekenis

In sy  teenwoordigheid

Explanation

 In someone’s presence

 

Ooghare

 

 

Idioom

Nie ooghare vir iemand nie 

Betekenis

Nie van iemand hou nie

Explanation

To disIike someone 

 

Oom 

 

 

Idioom

Tot by oom Daantjie in die kalwerhok

Betekenis

Tot die uiterste

Explanation

To the furthest extreme  

 

Oorlog 

 

 

Idioom

In die oorlog (Boere-oorlog) is daar mense dood

Betekenis

Dit is nie so ‘n groot ramp nie, erger dinge het al gebeur

Explanation

This is not a crisis, worse things have happened

 

 

Oortjies

 

Idioom

Net die oortjies van die seekoei

Betekenis

n Baie klein deel van ‘n groter situasie

Explanation

The tip of the iceberg

 

 

Ogie

 

Idioom

‘n Ogie hou op

Betekenis

Bewaak, kyk na

Explanation

 To watch

 

 

Opdraand

 

Idioom

Dit maar opdraand kry

Betekenis

Swaar kry

Explanation

 To have a hard time

 

Opsies

 

Idioom

Om al jou opsies uit te put

Betekenis

Om al jou geleenthede te verspul het

Explanation

 To have no further options

 

Orde  

 

Idioom

Aan die orde van die  dag wees

Betekenis

Gereeld voorkom

Explanation

 The order of the day

 

Ore

 

Idioom

Om jou ore uit te leen

Betekenis

Om na kwaadpraatjies te luister

Explanation

To lend one’s ear’s to all sorts of  talk

 

Ore

 

Idioom

Om iets te doen tot dit by jou ore uitloop 

Betekenis

Om iets te doen totdat dit jou tot raserny dryf

Explanation

To do something until it drives you bonkers

 

Ore

 

Idioom

Om tot jou ore toe verlief te wees

Betekenis

Om smoorverlief te wees

Explanation

To be head over heels in love

 

 

Os

 

Idioom

Van die os op die esel

Betekenis

Om oor ‘n heeltemal ander onderwerp te praat

Explanation

To stray from the subject

 

 

Ossies

 

Idioom

Jong ossies inspan

Betekenis

Om te  braak/ op te gooi

Explanation

 To vomit