Idiome M
Maak
Idioom: Alles maak en breek
Betekenis: Om alles met geweld te probeer doen
Explanation: To try to do something by all means
Man
Idioom: Jou man staan
Betekenis: Om instaat te wees om jou teenstaanders aan te durf
Explanation: To be able to stand up to our enemies
Mas
Idioom: Om nie die mast te kan opkom nie.
Betekenis: Om nie self te kan bereik wat bereik moet word nie.
Explanation: To do one’s own work/ to fend for oneself
Mat
Idioom: Deur die mat val
Betekenis: Om te misluk
Explanation: To fail
Meet
Idioom: Van meet af aan
Betekenis: Van die begin af
Explanation: To start from the beginning
Mes
Idioom: Jou mes vir iemand inhê
Betekenis: . Om gereed te wees dat iemand ‘n verkeerde stap begaan
Explanation: To wait for somebody to put down a wrong foot
Meulsteen
Idioom: ‘n Meulsteen om iemand se nek wees
Betekenis: ‘n Las/problem wees
Explanation: To be a millstone round one’s neck
Miere
Idioom: Hy/Sy het miere
Betekenis: Hy/sy is rusteloos
Explanation: He/she is fidgety
Moer
Idioom: Die moer in wees
Betekenis: Baie kwaad wees
Explanation: Have one’s hackles up
Moer
Idioom: Jou moer suur maak
Betekenis: Jou onplesierig/ kwaad maak
Explanation: To make you very unhappy
Mond
Idioom: Iemand se mond snoer
Betekenis: Hom/haar belet om te praat
Explanation: To silence someone
Mond
Idioom: Jou mond verbypraat
Betekenis: Om meer te sê as wat jy wou sê, om ‘n geheim te verklap
Explanation: To let your tongue run away with you
Mond
Idioom: Met ‘n mond vol tanne staan
Betekenis:
Explanation: To be tongue tied
Môre
Idioom: Môre is nog ‘n dag
Betekenis: Dit kan uitgestel word
Explanation: Tomorrow will do just as well
Môrestond
Idioom: Die môrestond het goud in die mond
Betekenis Dis aangenaam, gesond en voordeling om vroeg op te staan
ExplanationThe early bird catches the worm
Mosterd
Idioom: Dit is mosterd na die maal
Betekenis: Dit word gesê van iets wat te laat kom/gedoen word
Explanation: Too late
Muisneste
Idioom: Sy/haar kop vol muisneste hê
Betekenis: Veral gesê van ‘n verliefde persoon of ‘n dagdromer
Explanation: He/she is wool-gathering/in love
Munt
Idioom: Om iemand met gelyke munt te betaal
Betekenis: Om iemand op dieselfde manier te behandel as wat hy/sy jou
behandel het
Explanation: To pay someone back in his/her own coin
Munt
Idioom: Munt slaan uit iets
Betekenis: Voordeel van iets trek
Explanation: To profit from something
Muur
Idioom: Om oor die muur wees
Betekenis: To be finished
Explanation: Om gedaan te wees