<-- -->

Free Web Hosting : Free Hosting : Troubled Teens : Report Abuse
                                                                                                  K

Kaap

Idioom
Die Kaap is weer Hollands
Betekenis
Alles is weer in die haak
Explanation
All is well again

Kaarte
 
Idioom
Met ope kaarte speel
Betekenis
Niks wegsteek nie, openhartig wees
Explanation
To deal above board


Kaatjie

Idioom
Om Kaatjie Kekkelbek te wees
Betekenis
Om praatsiek te wees
Explanation
To be a real chatterbox

Kaatjie

Idioom
Kaatjie van die baan wees
Betekenis
Die voorste lawaaimaker of plesiermaker wees
Explanation
To be the cock of the walk

Kalf
 
Idioom
Die kalf is in die put
Betekenis
Daar is onvoorsiene moeilikheid wat dadelik aandag moet kry, veral gesê van 'n dringende taak wat op Sondag gedoen moet word.
Explanation
Necessity knows now law ( used as an excuse for working on Sunday)


Kalkoen
 
Idioom
Nie onder 'n kalkoen uitgebroei wees nie
Betekenis
Nie so dom wees as 'n ander miskien sal dink nie
Explanation
Be not as green as one looks
 

Kam
 
Idioom
Oor dieselfde kam skeer
Betekenis
Eenders behandel, nie onderskeid maak nie
Explanation
To treat all alike


Kanonne
 
Idioom
Die groot kannonne
Betekenis
Leiersfigure, belangrike persone
Explanation
The big guns


Kant en klaar
 
Idioom
Kant en klaar
Betekenis
Heeltemal gereed
Explanation
Finished, ready

 
Kant
 
Idioom
Van kant maak
Betekenis
Dood maak
Explanation
To kill


Kar
 
Idioom
Die kar voor die perde span
Betekenis
'n Saak verkeerd aanpak
Explanation
To put the cart before the horse

Kat

Idioom
As die kat weg is,is die muis baas.
Betekenis
As die baas weg is, doen die onderhoriges wat hulle wil
Explanation
When the cat is away the mice will play.    

 
Kat
 
Idioom
'n benoude kat maak benoude spronge
Betekenis
'n Mens wat bedreig word volg buitengewone optredes
Explanation
A drowning man will clutch at a straw


Kat
 
Idioom
'n Kat in die sak koop
Betekenis
Om jou te laat kul
Explanation
To buy a pig in a poke
 
 
Kat
 
Idioom
Katte skiet
Betekenis
Braak/opbring
Explanation
To puke


Kat
 
Idioom
Die kat uit die boom kyk
Betekenis
Afwag hoe die saak verder ontwikkel
Explanation
To see which way the cat jumps

Kat
 
Idioom
Daar soveel van weet as 'n kat van saffraan
Betekenis
Daar niks van weet nie.
Explanation
To know as much of something as the man in the moon.


I
Katjie
 
Idioom
Dit/Sy is nie'n katjie om sonder handskoene aan te pak nie
Betekenis
Dit is 'n baie netelige saak/Sy is 'n baie moeilike persoon
Explanation
It is an intricate matter/She is a difficult person to deal with.
 

Katrol

Idioom
Iemand in katrol
Betekenis
Iemand se  hart verower
Explanation
Win  someone's hart

Keel
 
Idioom
Iets in iemand se keel afdruk
Betekenis
Iemand dwing om iets teen sy of haar wil te doen
Explanation
To force a person to do something


Keel
 
Idioom
Jou eie keel afsny
Betekenis
Jou eie ondergang bewerk
Explanation
To cut one's own throat

Kees

Idioom
Dit is klaar met Kees
Betekenis
Daar is niks aan te doen nie
Explanation
It is finished


Kennis

Idioom
Om kennis te neem
Betekenis
Om ingelig te wees/ te word
Explanation
To be informed of something


Keper
Idioom  
Op die keper beskou
Betekenis
Noukeurig gesien
Explanation
On close examination


Kerfstok

Idioom
Baie op sy kerfstok hê
Betekenis
Baie kwaad gedoen het
Explanation
To have a bad record


Kerkmuis
 
Idioom
So arm soos 'n kerkmuis
Betekenis
Brandarm
Explanation
As poor as a church mouse


Kers
 
Idioom
'n Kers opsteek by iemand
Betekenis
 Om raad  te vra by iemand
Explanation
To seek someone's advice



Kierang  
 
Idioom
Jou kierang het gebraai
Betekenis
Jy het verloor omdat jy gekul het
Explanation
Your deception has been proven

Kitaar
 
Idioom
Die kitaar slaan
Betekenis
Die botoon voer
Explanation
To dominate/ run the show  


Klei
 
Idioom
Om klei te trap
Betekenis
Om te sukkel
Explanation
To struggle

Klere
Idioom
Dit gaan nie sommer in 'n mens se
klere sit nie
Betekenis
Dit raak/tref diep
Explanation
It is not easily got over
 
Klip

 
Idioom
'n Klip in die bos gooi
Betekenis
 'n Probleem uitlig wanneer alles blykbaar goed verloop  
Explanation
To be provocative


Klip
 
Idioom
Om klippe te kou
Betekenis
Om baie swaar te kry
Explanation
To suffer


Klip
 
Idioom
Om groot klippe klein te maak
Betekenis
Om baie fisiese straf te verduur  
Explanation
To suffer physically



Klip
 
Idioom
Om vir iemand 'n klip uit die pad te rol  
Betekenis
Om iemand 'n guns te bewys  
Explanation
To do someone a favour


Klippe
 
Idioom
Stadig oor die klippe
Betekenis
Moenie oorhaastig wees nie; wees versigting
Explanation
Go slowly and carefully


Klits
 
Idioom
Die klits kwyt wees
Betekenis
Sy/haar verstand kwyt wees
Explanation
Be out  of his/her mind  


Klok
 
Idioom
Aan die groot klok hang
Betekenis
Om iets uit te basuin
Explanation
To proclaim something from the rooftops


Klok
 
Idioom
Die klok hoor lui, maar nie weet waar die bel (klepel) hang nie
Betekenis
Om van 'n saak te gehoor het, maar geen besondere kennis daarvan te dra nie
Explanation
To have only a vague idea of what it's all about  


Kloutjie
 
Idioom
Die kloutjie by die oor kry
Betekenis
Om twee goed in verband te probeer bring
Explanation
To try to make to thing tally


Knieë

Idioom
Om op jou knieë te gaan
Betekenis
Tot God te bid
Explanation
To pray to God

Knoppie

Idioom
Op iemand se knoppie druk
Betekenis
By iemand om hulp aanklop
Explanation
To ask someone for  help

 
Knuppel
 
Idioom
'n Knuppel in die hoenderhok gooi
Betekenis
Om 'n skielike ontsteltenis te veroorsaak
Explanation
To cause a flutter in the dovecotes   

 
Knyp
 
Idioom
In die knyp wees
Betekenis
In die moeilikheid sit
Explanation
To be in a fix


Koeël
 
Idioom
Die koeël is deur die kerk
Betekenis
Die saak is beslis
Explanation
The die is cast

Koeie
Idioom
Moenie ou koeie uit die sloot grawe nie
Betekenis
Moenie ou moeilikhede weer ophaal nie
Explanation
To rake up old stor
 

Koeitjies
 
Idioom
Oor koeitjies en kalfies praat
Betekenis
Oor alledaagse sakies gesels
Explanation
To chat about this and that
 
Koejawel

Idioom
'n Harde koejawel
Betekenis
'n Moeilike mens
Explanation
A hard nut


Kol
 
Idioom
In die kol wees
Betekenis
Korrek wees
Explanation
Do not rake up old disputes  

Kole  
 
Idioom
Op hete kole sit   
Betekenis
Om baie ongeduldig/onrustig wees
Explanation
To be on pins and needles

Kolf  
 
Idioom
Vir die verkeerde span kolf  
Betekenis
Van 'n verskillende seksuele oriëntasie wees
Explanation
To be of an alternative sexual orientation

Kollig  
 
Idioom
In die kollig wees
Betekenis
In die sentrum van die aandag wees
Explanation
To be in the spotlight


Koning

Idioom
Om koning te kraai
Betekenis
Om bo die ander uit te steek
Explanation
To beat the opposition


Kool

Idioom
Die kool is die sous nie werd nie
Betekenis
Dit word gesê van 'n waardelose saak waaroor 'n mens nie veel hoef te praat nie of wat nie jou aandag werd is nie
Explanation
The game is not worth the candle

koor

Idioom
Om voor in die koor te wees
Betekenis
Dit word gesê van 'n persoon wat aandringerig is
To be persistenly demanding

Kop
 
Idioom
Kop bo water hou
Betekenis
Om staande te bly, byvoorbeeld op finansiële gebied
Explanation
To keep one's head above water


Kop
 
Idioom
Met iemand se kop smokkel
Betekenis
Om iemand te mislei
Explanation
To deceive someone

 
Kop

Idioom
Kop in een mus wees met iemand
Betekenis
Saam knoei/ verkeerde dinge beplan
Explanation
Be hand in glove with someone

 
 
Kop
 
Idioom
Jou kop is 'n sif
Betekenis
Jy is baie vergeetagtig
Explanation
You are very forgetful


Kop
 
Idioom
Kop krap oor iets
Betekenis
Om 'n probleem te probeer oplos
Explanation
To be puzzled by something


Kop
 
Idioom
Iemand se kop eis
Betekenis
Om daarop aan te dring dat iemand bedank
Explanation
To demand somebody's resignation

 
Kop
 
Idioom
Iemand se kop was  
Betekenis
Iemand terreg wys, bestraf
Explanation
To give someone a bit of  your  mind
 
Kop

Idioom
Kop jy dit?
Betekenis
Verstaan jy dit?
Explanation
Do you understand it?

Kop
 
Idioom
Jou kop stamp
Betekenis
Teentand/Teëspoed kry
Explanation
To encounter opposition

Kop
 
Idioom
Jou kop op 'n blok sit
Betekenis
Oortuig van iets wees
Explanation
To be convinced of something
 
Kop
 
Idioom
Die kop uitsteek
Betekenis
Iets wat hom openbaar
Explanation
To crop up, show itself

 
Kop
 
Idioom
Van jou kop af wees
Betekenis
Kranksinnig/ dwaas wees  
Explanation
To be insane/stupid


Koring

 
Idioom
Hy/sy is gekoring
Betekenis
Hy/sy is dronk
Explanation
He/she is drunk

 
Koring
 
Idioom
Nog groen koring op die land hê
Betekenis
Nog jong kinders hê (wat hulle miskien kan wangedra)
Explanation
To have fledglings of one's own

Kraal
 
Idioom
Dis so in sy kraal
Betekenis
Dit beval hom baie goed
Explanation
That is right up his street

 
Krokodiltrane
 
Idioom
Om krokodiltrane te huil
Betekenis
Om valslik voor te gee dat jy jammer is     
Explanation
To feign sadness
Kroon
 
Idioom
Die kroon span
Betekenis
Bo ander uitmunt, alles oortref
Explanation
To cap everything

Krop
 
Idioom
Dit steek my dwars in die krop
Betekenis
Dit hinder/vererg my
Explanation
To go against the grain

 
Kruispad
 
Idioom
By 'n kruispad staan
Betekenis
In 'n situasie verkeer waar moeilike besluite geneem moet word
Explanation
To have to make major decisions


Kus

Idioom
Te kus en te keur
Betekenis
Volop, net wat jy verkies
Explanation
You can pick and choose


Kwaad
 
Idioom
Meer kwaad as goed
Betekenis
Meer negatiewe as positiewe gevolge
Explanation
More bad than good
 
Kwartel

Idioom
So doof soos 'n kwartel
Betekenis
Stokdoof
Explanation
As deaf as a post

Kwiek

Idioom
Sonder om te kwiek of te kwaak
Betekenis
Sonder om iets te sê, sonder om teë te praat
Explanation
Without any protest