J
Ja
|
Idioom |
Ja en amen op alles sê |
Betekenis |
Om alles goed te keur |
Explanation |
To agree to everything |
Jakob
|
Idioom |
Die ware Jakob |
Betekenis |
Die regte persoon/ding |
Explanation |
The real McCoy |
|
Idioom |
Jakkals prys sy eie stert |
Betekenis |
Gesê van ‘n persoon wat homself prys |
Explanation |
He blows his own trumpet |
Jakkals
|
Idioom |
Jakkals trou met wolf se vrou |
Betekenis |
Dit word gesê as daar tegelyk reën en sonskyn is |
Explanation |
Rain with sunshine |
Jakkals
|
Idioom |
Jakkals verander van haar, maar nie van streke nie |
Betekenis |
Mense se motiewe/ gewoontes bly dieselfde al verander hulle optrede |
Explanation |
Changes in people’s behaviour do not imply changes in motivation |
Jakkalsies
|
Idioom |
Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel |
Betekenis |
Klein foutjies kan groot moeilikheid veroorsaak |
Explanation |
Small mistakes cause endless trouble |
Jan
|
Idioom |
Jan Rap en sy maat |
Betekenis |
‘n ieder en ‘n elk |
Explanation |
The common people (contemptuous) |
Jawoord
|
Idioom |
Die jawoord vra |
Betekenis |
‘n Huweliksaansoek aan ‘n vrou rig |
Explanation |
To ask consent for marriage |
|
Idioom |
‘n Juk dra |
Betekenis |
Swaar kry |
Explanation |
To bear the yoke |
|
Idioom |
In dieselfde juk trek |
Betekenis |
Om jou met iemand/iets te vereenselwig |
Explanation |
To associate with, to co-operate with |
Jy
|
Idioom |
Jy’s ‘n goeie een |
Betekenis |
Jy kan nie iets sê nie, want jy self doen nie dit wat genoem is nie, bv. jy is ‘n goeie een om my te kritiseer oor my swak prestasie as jy van die eksamen weg gebly het |
Explanation |
Who are you to say something? (indicating that the person making the claim is not above reproach) |