G
|
Idioom |
Om gal uit te braak |
Betekenis |
Om iemand/ iets skerp te kritiseer |
Explanation |
To strongly critisize something/someone |
|
Idioom |
Met iemand se gal werk |
Betekenis |
Iemand skerp berispe |
Explanation |
To fix someone |
|
Idioom |
Stadige gans verloor sy kans |
Betekenis |
Deur alte stadig te wees, laat ‘n mens jou kans verbygaan |
Explanation |
Faint heart never won fair lady |
Gate
|
Idioom |
Iets gate uit geniet |
Betekenis |
Iets baie geniet |
Explanation |
To thoroughly enjoy something |
Gedrang
|
Idioom |
In die gedrang kom |
Betekenis |
Gevaar loop om nie tot sy reg te kom nie, om onder te gaan |
Explanation |
To become hard pressed |
Gehasie
|
Idioom |
Van waar Gehasie? |
Betekenis |
Dié vraag word skertsend aan iemand gevra wat skielik sy verskyning maak. |
Explanation |
From where do you come so unexpectedly? |
Geitjie
|
Idioom |
Sy is ‘n regte geitjie |
Betekenis |
Sy is ‘n bitsige meisie |
Explanation |
She is a quarrelsome girl |
Gek
|
Idioom |
Om die gek te skeer (met iemand) |
Betekenis |
Om iemand bespotlik te maak |
Explanation |
To make a fool of someone |
Geld
|
Idioom |
Geld in die water gooi |
Betekenis |
Geld verkwis |
Explanation |
To waste money |
Geld
|
Idioom |
Vir kwaad geld |
Betekenis |
Met slegte bedoelings |
Explanation |
With evil intentions |
Geld
|
Idioom |
Geld uit iemand se sak jaag |
Betekenis |
Hom geld laat uitgee/spandeer |
Explanation |
To cause someone to spend money |
Geld
|
Idioom |
Geld wat stom is, maak reg wat krom is |
Betekenis |
Met geld kan ‘n mens baie uitrig |
Explanation |
Love does much, but money does all |
Gemoedere
|
Idioom |
Gemoedere loop hoog |
Betekenis |
Die teenwoordiges is opgewonde |
Explanation |
Feelings are running high |
Gesig
|
Idioom |
Om iemand in die gesig te vat |
Betekenis |
Om iemand se eer te krenk |
Explanation |
To insult someone |
Gevaarligte
|
Idioom |
Die gevaarligte flikker |
Betekenis |
Daar is moeilikheid te bespeur |
Explanation |
To see trouble |
Gewig
|
Idioom |
Jou gewig in die skaal gooi |
Betekenis |
Jou invloed laat geld |
Explanation |
To through in one’s weight |
Glasmaker
|
Idioom |
Was jou pa ‘n glassmaker? |
Betekenis |
Gevra aan iemand wat in jou sonlig staan met die bedoeling dat hy moet weg beweeg |
Explanation |
Question asked to someone who preventsthe sun from heating you in winter |
God
|
Idioom |
Om Gods water oor Gods akker te laat loop |
Betekenis |
Dinge hul gang laat gaan sonder om in te gryp |
Explanation |
To let things slide |
Goed
|
Idioom |
Ver van jou goed, naby jou skade |
Betekenis |
As jy nie self jou sake behartig nie, moet jy verliese verwag. |
Explanation |
Absent landlords gather no crops |
Gogga
|
Idioom |
Gogga maak vir baba bang |
Betekenis |
Dit word gesê van (a) iemand/iets wat lelik is (b) om aan te dui dat iets wat jou moes imponeer eintlik geen indruk maak nie
|
Explanation |
This is said to (a) indicate that something/ somebody is very ugly, (b) that something that is not impressive |
Gogga
|
Idioom |
Om deur ‘n gogga gebyt te wees |
Betekenis |
Om baie entoesiaties oor iets te wees, om daardeur meegevoer te wees, byvoorbeeld, hy is deur die gholfgogga gebyt.
|
Explanation |
To be very keen on something (e.g. golf) |
|
Idioom |
Op ‘n ander golflengte wees |
Betekenis |
Om nie dieselfde oor iets te dink/voel nie |
Explanation |
Not to share the same interests/views |
|
Idioom |
Die gordel stywer trek |
Betekenis |
Om meer spaarsamig te lewe |
Explanation |
To tighten one’s belt |
|
Idioom |
Die gort is gaar |
Betekenis |
Die moeilikheid het begin |
Explanation |
The fat is in the fire |
|
Idioom |
Jou eie graf grawe |
Betekenis |
Jou eie ondergang bewerk |
Explanation |
Dig one’s own grave |
|
Idioom |
Daar loop iemand oor my graf |
Betekenis |
Gesê as ‘n persoon sonder ‘n rede‘n koue rilling kry |
Explanation |
Somebody is walking over my grave |
|
Idioom |
Met een voet (been) in die graf staan (wees) |
Betekenis |
Naby die end van die lewe wees |
Explanation |
With one foot in the grave |
|
Idioom |
Grappies op ‘n stokkie |
Betekenis |
Sonder om verder grappies te maak; in alle erns |
Explanation |
Joking aside |
|
Idioom |
Van die gras maak |
Betekenis |
Dood maak |
Explanation |
To kill/murder someone |