E
Eend
|
Idioom |
So gelukkig soos ‘n eend in water |
Betekenis |
Om baie gelukkig en in jou element te wees |
Explanation |
To be as happy as the day is long. |
Eendjie
|
Idioom |
‘n Lelike eendjie |
Betekenis |
‘n Kind wat nie baie belofte toon nie wat tot wat baie mooi of belangrik word |
Explanation |
The Ugly Duckling |
Eersgeboortereg
|
Idioom |
Om jou eersgeboortereg vir ‘n pot lensiesop te
verkoop |
Betekenis |
Om iets waardevols vir ‘n nietigheid prys te gee. |
Explanation |
To sell one’s birthright for a mess of pottage |
Eier
|
Idioom |
‘n Halwe eier is beter as ‘n leë dop |
Betekenis |
Iets is beter as niks |
Explanation |
Half a loaf is better than no bread at all |
Eiers
|
Idioom |
Op eiers loop |
Betekenis |
Stadig en versigtig optree |
Explanation |
To tread wearily |
Eiertjie
|
Idioom |
Om altyd ‘n eiertjie by te lê |
Betekenis |
Om altyd ook te wil saampraat |
Explanation |
To be continually chipping in |
Eind
|
Idioom |
Eind(e) goed
, alles goed |
Betekenis |
As alles goed afloop, vergeet ‘n mens al die moeilikhede verbonde aan die saak |
Explanation |
All’s well that ends well |
Elmboog
|
Idioom |
Die elmboog lig |
Betekenis |
Baie sterk drank gebruik |
Explanation |
To be addicted to drink |
Erfgeld
|
Idioom |
Erfgeld is swerfgeld |
Betekenis |
‘n Mens spandeer maklik geld wat jy nie self verdien het nie |
Explanation |
Easy come, easy go |