B
Baadjie
Idioom: ‘n Nuwe baadjie kry
Betekenis:
‘n Nuwe voorkoms aanneem
Explanation:
To chance something’s appearance
Baadjie
Idioom Op jou baadjie kry
Betekenis
Pak kry/ teen iemand verloor
Explanation To get a beating
Baadjie
Idioom Iemand op sy baadjie takseer
Betekenis
Iemand na die uiterlike beoordeel
Explanation Don’t judge anyone by appearances
Baan
Idioom Van die baan wees
Betekenis
Nie meer plaasvind nie
Explanation To be shelved
Baantjies
Idioom Baantjies vir boetjies
Betekenis
Om werk te gee aan vriende of bekendes
Explanation Jobs for pals
Baas
Idioom Eers baas, dan Klaas
Betekenis
Die belangrikste persoon kry voorkeur
Explanation First the master, then the slave
Bak
Idioom Gou by die bak, lui by die vak
Betekenis
Dit word gesê van ‘n persoon wat ‘n
goeie eetlus het, maar lui is
Explanation Said of a lazy person with a good appetite
Bak
Idioom Om te bak en te brou
Betekenis
Om te knoei
Explanation To botch matters
Bakatel
Idioom Vir elke bakatel
Betekenis
Vir kleinighede
Explanation Something of little importance
Bakboord
Idioom Om iemand van bakboord na stuurboord te
stuur
Betekenis
Om iemand rond en bont te stuur
Explanation To send someone from pillar to post
Bakstene
Idioom ‘n Paar/ drie bakstene hoog
Betekenis
Dit word gesê van ‘n kort persoon
Explanation Description of a short person
Bal
Idioom Die bal aan die rol sit
Betekenis
‘n Saak aan die gang sit
Explanation To set the ball rolling
Bal
Idioom Die bal misslaan
Betekenis
‘n Dwaling began.
Explanation To be mistaken
Balk
Idioom Haal eers die balk uit jou eie oog
Betekenis Om klein foutjies in ‘n ander op te merk en
groot gebreke in jouself nie op te merk nie
Explanation First cast out the beam out of thine own eye
Balke
Idioom Balke saag
Betekenis Om hard te snork
Explanation To snore
Balke
Idioom Balke toe
Betekenis ‘n Uitroep op die dansbaan om aan te dui dat
die dans moet voortgaan
Explanation A call used on the dance floor to encourage the
dancers to continue dancing
Bande
Idioom Iemand aan bande lê
Betekenis Iemand se mag beperk/hom beteuel/hom/haar
afhanklik maak
Explanation To put someone under restraint
Bas
Idioom Iets aan die bas voel
Betekenis
Om iets eerstehands te beleef,
byvoorbeeld stygende rentekoerse
Explanation To experience something first hand, e.g. rising
interest rates
Been
Idioom Iets op die been bring
Betekenis
Iets oprig
Explanation To establish something
Been
Idioom Die been lig
Betekenis
Om te urineer (gebruik by diere,
byvoorbeeld: die hond het sy been teen die motor se wiel gelig)
Explanation To urinate (used in relation to animals)
Been
Idioom Iets op die been bring
Betekenis
Iets oprig
Explanation To establish something
Beenaf
Idioom Beenaf wees (op ‘n meisie)
Betekenis
Verlief wees op ‘n meisie
Explanation To be in love with a girl
Beentjie
Idioom Die beste beentjie voorsit
Betekenis
Jou bes doen om ‘n goeie indruk te maak
Explanation To put the best foot forward
Begrip
Idioom ‘n Goeie begrip (begryper) het ‘n halwe
woord nodig
Betekenis
Iemand wat gou verstaan, het nie ‘n
breedvoerige uiteensetting nodig nie
Explanation A word to the wise is enough
Bek
Idioom Iemand in die bek ruk
Betekenis
Om iemand te berispe/ aan te spreek
Explanation To pull someone put short
Bek
Idioom ‘n Toe bek is ‘n heel bek
Betekenis
Iemand wat stil bly bly ook uit die
moeilikheid
Explanation A person that keeps quite cannot land in
trouble
Bek
Idioom Meer bek as binnegoed
Betekenis
Gesê van iemand wat vlot praat, maar min
verstand of moed het
Explanation More beef than brain
Bek
Idioom So ‘n bek verdien jem
Betekenis
Gesê wanneer ‘n persoon ‘n raak
gesegde (opmerking) gebruik het.
Explanation Such a
remark (person) must be praised
Beker
Idioom Sy/haar beker loop oor
Betekenis
Hy/Sy beleef voorspoed
Explanation He/she has good fortune
Bene
Idioom Om harde bene kou
Betekenis
Om swaar te kry
Explanation To suffer hardships
Bene
Idioom Om ou bene te maak
Betekenis
Om ‘n hoë ouderdom te bereik
Explanation To make old bones
Benul
Idioom Nie die flouste benul van iets hê nie
Betekenis
Niks van iets verstaan nie
Explanation Not to have the faintest idea
Berg
Idioom Die berg het ‘n muis gebaar
Betekenis
Groot verwagtings het op niks/weinig
uitgeloop
Explanation The mountain brought forth a mouse
Berg
Idioom ‘n Berg van ‘n molshoop maak
Betekenis
‘n Kleinigheid vergroot
Explanation To make a mountain out of a molehill
Berge
Idioom Iemand goue berge beloof
Betekenis
Om valse beloftes aan iemand te maak
Explanation To promise mountains of gold
Berge
Idioom So oud soos die berge
Betekenis
Baie oud
Explanation As old as the hills
Besems
Idioom Nuwe besems vee skoon
Betekenis
Dit word gesê van ‘n nuwe werknemer wat
die eerste ruk baie goed werk, maar later moontlik gaan verslap
Explanation New brooms sweep clean
Beslag
Idioom Beslag lê op iets
Betekenis
Iets in besit neem, bv. as waarborg dat
skuld betaal sal word
Explanation To attach someone’s property
Bewimpel
Idioom Om ‘n saak te bewimpel
Betekenis
Om iets weg te steek
Explanation To hide something
Blaadjie
Idioom Om ‘n nuwe blaadjie om te slaan
Betekenis
Jou van die verkeerde afwend, ‘n nuwe
lewe begin
Explanation To turn over a new leaf
Blaas
Idioom Vir ‘n blaas met ertjies op loop sit
Betekenis
Om gou bang te word
Explanation To start at one’s shadow
Blad
skud
Idioom Om blad te skud
Betekenis
Om te groet
Explanation To greet
Blik
Idioom Sonder om te blik of te bloos
Betekenis
Sonder enige skaamte
Explanation Without shame or scruple
Blikkantien
Idioom Dis die laaste sien van die blikkantien
Betekenis
Dit word gesê van iemand of iets wat
spoorloos sal verdwyn en wat jy nie weer sal sien nie
Explanation You will never see it again
Blikke
Idioom Leë blikke maak die meeste lawaai
Betekenis
Grootpraters doen meestal min
Explanation Empty vessels make the most noise
Bloed
Idioom Dit sit my in die bloed
Betekenis
Ek het die eienskap geerf/dit is my
geaardheid
Explanation It runs in my blood
Bloed
Idioom Bloed uit ‘n klip tap
Betekenis
Iets onmoontliks probeer doen
Explanation To try to squeeze blood from a stone
Bloed
Idioom Dit laat my bloed kook
Betekenis
Dit maak my baie kwaad
Explanation It makes my blood boil
Idioom: Bloed kruip waar dit nie kan loop
nie
Betekenis: Jou afkoms kan nie verborge bly
nie
Explanation: Blood is thicker than water
Idioom:
Dit laat my bloed kook
Betekenis:
Dit maak my baie kwaad
Explanation: Dit makes me furious
Betekenis:
Dit word gesê van
iemand wat vindingryk is
Explanation: This is said of someone who is innovative
Blou
Idioom Praat tot jy blou word
Betekenis
Praat sonder gevolg
Explanation Talk till you are blue in the face
Blou-blou
Idioom Om ‘n saak blou-blou laat
Betekenis
Om dit te laat soos wat dit is, om nie ‘n besluit daaroor te neem nie
Explanation To let the matter rest
Bloublommetjies
Idioom Vir iemand bloublommetjies vertel
Betekenis
Om swak verskonings te maak
Explanation To
make poor excuses
Bloupas
Idioom Die bloupas kry
Betekenis
Om ontslaan te word
Explanation To
get marching orders
Bloutjie
Idioom ‘n Bloutjie loop
Betekenis
(a) Afgesê word deur ‘n nooi; (b) nie
jou doel bereik nie
Explanation (a)
To end a romantic relationship, (b) not to achieve your goal(s)
Blus
Idioom Sy/haar blus is uit
Betekenis
Hy/sy is kragteloos, uitgeput
Explanation He/she is totally exhausted
Bobbejaan
Idioom Om die bobbejaan agter die bult te gaan
haal
Betekenis
Moeilikhede vooruitloop
Explanation To search meet your troubles halfway
Boek
Idioom Dis ‘n geslote boek
Betekenis
Dis ‘n geheim/ iets wat duister is
Explanation It is a secret/cannot be explained
Boekdele
Idioom Dit spreek boekdele
Betekenis
Dit sê baie dat …
Explanation It speaks volumes
Boeke
Idioom Ander mense se boeke is duister om te lees
Betekenis
Dit moeilik om ander mense se sake te
verstaan.
Explanation The lives of other are a closed book
Boer
Idioom ‘n Boer maak ‘n plan
Betekenis
Dit word gesê as iemand dinge kan bedink
en uitvind
Explanation This is said of someone who is very innovative
Boer
Idioom
Om
die boer die kuns af te vra
Betekenis
Om ‘n geheim te probeer uitvis
Explanation To try to worm a secret out of someone
Boesem
Idioom Die hand in eie boesem steek
Betekenis
Jou gewete ondersoek en eie skuld erken
Explanation To search your own heart
Bok
Idioom ‘n Bok vir sport
Betekenis
‘n Aangename en grapperige persoon wat
graag deelneem aan pret en plesier
Explanation He/she is a sport
Bok
Idioom ‘n Bok lus ook wel ‘n groen blaartjie
Betekenis
‘n Ouerige man hou wel van ‘n jong nooi
Explanation Old men like tender chicken
Bokveld
Idioom Bokveld toe wees
Betekenis
Dood wees
Explanation To be dead
Bol
Idioom Om in die bol gepik wees
Betekenis
Om gek te wees
Explanation To be have a screw loose
Bom
Idioom Die bom bars
Betekenis
Die groot moeilikheid het begin
Explanation The fat is in the fire
Bome
Idioom Hoë bome vang baie wind
Betekenis
Hooggeplaaste persone kry baie kritiek
Explanation High winds blow on high hills
Boom
Idioom Om tussen die boom en die bas te gaan
Betekenis
Om nie te goed of te sleg te gaan
nie
Explanation To be betwixt and between
Boom
Idioom Om boom te rook
Betekenis
Om dagga te rook
Explanation To smoke marijuana
Boompie
Idioom Buig die boompie solank dit nog jonk is
Betekenis
Leer die kind terwyl hy/sy jonk is
Explanation Young twigs are sooner bent than old trees
Boontjie
Idioom Boontjie kry sy loontjie
Betekenis
‘n Kwaaddoener sal sy straf kry
Explanation The chickens come home to roost
Bootjie
Idioom In dieselfde bootjie wees
Betekenis
In dieselfde omstandighede verkeer
Explanation To be in the same circumstances
Bordjies
Idioom Die bordjies is verhang
Betekenis
Die omstandighede is nou net die
teenoorgestelde
Explanation The tables have been turned
Bors
Idioom Om jou bors uit te stoot
Betekenis
Om trots te wees op iets
Explanation To puff up one’s chest with pride
Bos
Idioom Iemand om die bos lei
Betekenis
Iemand fop of kul
Explanation To lead someone by the nose
Bottel
Idioom Te diep in die bottel kyk
Betekenis
Te veel sterk drank drink
Explanation To drink too much
Botter
Idioom Dis botter aan die galg smeer
Betekenis
Dis tevergeefse moeite, dit versterk
hom/haar in sy/haar kwaad
Explanation Its like water on a duck’s back
Botter
Idioom Dis botter by die vis
Betekenis
Kontant betaling word verlang
Explanation Cash payment is required
Botter
Idioom Dis botter by die vis
Betekenis
Kontant betaling word verlang
Explanation Cash payment is required
Breë
Idioom Die breë weg
Betekenis
Die sondige pad
Explanation The sinful way
Breed
Idioom Om dit nie breed te hê nie
Betekenis
Om te sukkel om te bestaan
Explanation To find it difficult to make both ends
meet
Bres
Idioom Vir iemand in die bres tree
Betekenis
Iemand ondersteun of in gevaar verdedig
Explanation To take up the cudgels for someone
Brode
Idioom Om den brode
Betekenis
Ter wille daarvan om geld te verdien
Explanation For a living
Broek
Idioom Om lig in die broek wees
Betekenis
Om swakkerig te wees, nie in staat wees
om iets te doen nie
Explanation To be of little importance, not able to achieve
something
Broek
Idioom Sy dra die broek
Betekenis
Sy
speel baas oor haar man
Explanation The wife wears the breeches
Broekskeur
Idioom Dit gaan maar broekskeur
Betekenis
Dit gaan maar swaar
Explanation It is a struggle
Broertjie
Idioom ‘n Broertjie aan iets dood hê
Betekenis
Om ‘n besondere hekel/weersin aan iets
te hê
Explanation To hate something
Brood
Idioom Kla met ‘n wit brood onder die arm
Betekenis
Onnodig kla
Explanation To complain with no reason
Broodjie
Idioom Daar is ‘n broodjie in die oond
Betekenis
Gesê van ‘n vrou wat verwagtend is
Explanation Said when indicating that a woman is pregnant
Broodjies
Idioom Mooi broodjies bak
Betekenis
Om iemand vir jou eie voordeel te vlei
Explanation To curry favour
Brug
Idioom Om brûe te herstel
Betekenis
Om verhoudinge te verbeter
Explanation To mend relations
Buig
of bars
Idioom Buig of bars
Betekenis
Kom wat wil
Explanation By hook or by crook
Bul
Idioom Die bul by die horings pak
Betekenis
Iets moeilik fluks aanpak
Explanation To take the bul by the horns
Byl
Idioom Agter die kap van die byl kom
Betekenis
‘n Saak tot die fynste besonderhede
verstaan
Explanation To understand the matter
Bynes
Idioom Jou kop in ‘n bynes steek
Betekenis
Om groot moeilikheid te soek
Explanation To stir up a hornet’s nest
Byt
Idioom Wat het jou gebyt?
Betekenis
Waarom is jy so nukkerig?
Explanation What have you got to grumble about?